Hoërskool Marais Viljoen High

                                                                           

Hoërskool
Marais Viljoen

Skoolgeskiedenis

Die skool wat aan die westekant van Alberton teen die voet van 'n reeks koppies geleë is, is op 25 Januarie 1961 met 'n leerdertal van 47 handelsleerlinge en 106 tegniese leerlinge geopen.

Die skool is amptelik op 1 September 1961 geopen.

Die skool is vernoem na die destydse Lid van die Volksraad vir Alberton, sy edele Minister Marais Viljoen, later ook Staatspresident.

Die skool het bekend gestaan as die Hoër Tegniese- en Handelskool Marais Viljoen Technical and Commercial High School. Die skool was op daardie tydstip onder die beheer van die Departement van Nasionale Opvoeding.

Mr Piet Myburgh was appointed as principal on 1 January 1961.

Vandat die skool sy deure geopen het, was die skool dubbelmedium, wat dus Afrikaans en Engels Huistaal aangebied het.

On 1 April 1968 the school was transferred to the Transvaal Education Department.

The commercial section of the school was phased out at the end of 1978 with the final standard 10 class consisting of 34 matrics.

Op 1 Mei 1979 word Mnr. Myburg deur Mnr. P.J. Fouché opgevolg. Hy het in 1961 as onderwyser by Marais Viljoen begin. Hy is periodiek bevorder van Adjunkhoof na Skoolhoof.

Die skool het nou bekend gestaan as Hoër Tegniese Skool Marais Viljoen Technical High School.

Mnr Fouché het einde Maart 1989 die tuig neergelê en is op 1 April deur Mnr J.M. le Roux opgevolg wat ook as onderwyser in April 1980 by Marais Viljoen begin het. Hy is ook periodiek van Departementshoof na Adjunkhoof en toe na Skoolhoof bevorder.

During Mr le Roux's reign as principal the school expanded its fields of study and at the general parent's meeting in 1995, it was decided that Hoër Tegniese Skool Marais Viljoen Technical High School would in future be known as Hoërskool Marais Viljoen High School.

Mr. le Roux retired at the end of March 2004 and Mrs. Martie Heystek was appointed as acting principal. On 1 January 2005 she was officially appointed as the fourth and first female principal of Marais Viljoen.

Mev. Heystek het ook (soos die vorige twee hoofde), haar onderwysloopbaan in 1980 as Fisiese Wetenskap onderwyseres by Marais Viljoen begin. Sy het ook periodiek bevordering van Departementshoof na Adjunkhoof en toe Skoolhoof ontvang.

Tans (Desember 2015) het die skool 1341 leerders met 53 GDO-poste en 15 Beheerliggaam onderwysposte.

  • iconbrands advertising agency south of joburg