Hoërskool Marais Viljoen High

                                                                           

Hoërskool
Marais Viljoen

  • Tuis
  • Nuus
  • Oud-Marais Viljoener langasem oppad na Amerika.

Nuus

Oud-Marais Viljoener langasem oppad na Amerika.

Dié wat die laaste paar jaar die langafstand atletiektoneel dopgehou het, weet Nicole van der Merwe het talent, deursettingsvermoë en nederigheid om nog groot naam te maak.

Op skool het sy met harde werk, pligsgetrouheid en doodeenvoudige nie-opgee vasberadenheid haar akademie en atletiek op so 'n peil geplaas dat sy komende Saterdag oppad is na die Universiteit van South Alabama in Amerika. Sy gaan die volgende vier jaar Bewegingskunde en Oefeningsmetodologie oftewel soos die Amerikaners dit noem Kinesiology and Exercise Science studeer. En sy gaan natuurlik langafstande hardloop.

Sy het 'n volle beurs van die Universiteit ontvang. Dis 'n groot stap. Sy en haar ma Ansa was onlangs by die Universiteit om te kyk hoe dinge daar lyk en wat die uitdagings is. Nicole het toe ook sommer saam met die beroemde oud-Suid-Afrikaner Zola Budd wat ook in Amerika woon aan 'n wedloop deelgeneem.

Geniet. Droom groot. Moenie te veel verlang nie. En ons gaan jou dophou. 
Sien jou by die volgende Olimpiese Spele.
Dankie dat jy Marais Viljoen trots maak.

  • iconbrands advertising agency south of joburg