Hoërskool Marais Viljoen High

                                                                           

Hoërskool
Marais Viljoen

Marais Viljoen Spog met Atlete

Die atletiekseisoen was vol uitdagings en soveel hoogtepunte. Dit was ‘n seisoen gekenmerk deur reën, ‘n ongelooflike gees tussen die atlete en uitstaande prestasies. Ons het aan vyf groot byeenkomste deelgeneem, asook die twee TOP 10 byeenkomste waar ons atlete skitterend gevaar het. Dit was ‘n groot teleurstelling toe die jaarlikse Inter afgestel is weens reën.

Ons spog egter met 95 atlete op Greater Alberton, 55 atlete gekies om aan Distrik Kampioenskappe deel te neem en 25 atlete wat eerskomende naweek aan die Gautengkampioenskappe deelneem.

Ons wens hulle elkeen baie sterkte toe!

  • iconbrands advertising agency south of joburg