Hoërskool Marais Viljoen High

                                                                           

Hoërskool
Marais Viljoen

Carla Hattingh- Marais Viljoen se steratleet!!

Carla Hattingh, Gr10 - leerling aan die Hoërskool Marais Viljoen en ‘n oudleerling en hoofmeisie van Laerskool Randhart, neem al sedert Graad 1 aan atletiek deel. As jonger atleet het sy presteer as naelloper in die 60m, 80m, 100m en 200m, maar deesdae konsentreer sy op die 400m naellope en 400m hekkies.

Carla het aan die begin van die seisoen ‘n ernstige besering opgedoen wat haar vir bykans 5 weke uit byeenkomste gehou het. Eie aan haar het sy egter nie toegelaat dat dit in haar pad staan nie en sy het met mening teruggekeer baan toe. Sy het hierdie jaar as o/16 - meisie gekwalifiseer op die Gautengkampioenskappe met haar 400m hekkies vir deelname aan die SA Nasionale Hoërskole Atletiekkampioenskappe, wat in Durban sal plaasvind gedurende 29 Maart 2017 - 1 April 2017.

Carla het verder ook gekwalifiseer in die 400m hekkies as deel van die Sentraal Gauteng Atletiekspan wat aan die SA Klubkampioenskappe op 7 en 8 April in Kaapstad gaan plaasvind.

Carla en haar afrigter, Mnr. Rudi de Ru, oefen volstoom en toegewyd om hopelik nog groter hoogtes te bereik!

Die skool wens Carla alle sterkte toe vir die kampioenskappe en vertrou dat dit baie goed sal gaan.

  • iconbrands advertising agency south of joburg