Hoërskool Marais Viljoen High

                                                                           

Hoërskool
Marais Viljoen

Debat

Debat is 'n aktiwiteit wat leerders in staat stel om belangrike vaardighede te bemeester en te ontwikkel.  Hieronder is navorsing en die ontleding daarvan, seker die belangikste.  Debatterders moet nie net goed voorbereid wees nie, maar ook op hul voeter kan dink.  Reeds in die eerste kwartaal begin die debatteerders werskaf om aan die ATKV se Nasionale Debatkompetisie te kan deelneem.  Die navorsing het in 2016 sentreer rondom die volgende interessante onderwerpe:

Juniors:

Die Suid Afrikaanse onderwysstelsel voldoen (of nie) aan die land se behoeftes (nie).

Seniors:

Die gebruik van Engels as onderrigtaal sal (of nie) verdraagsaamheid in Suid - Afrika bevorder (nie).

Vyf spanne (3 senior en twee junior) het aan die eerste uitdunrondte deelgeneem wat by Dr. Malan in Meyerton aangebied is.  Een junior- en een seniorspan het na die tweede rondte toe deurgedring wat by Afrikaans Hoër Seuns aangebied is.

Deelnemers in 2016

Juniors:

  1. Johan Venter - dring deur na halfeindrondte
  2. Mynardt Fouchè - dring deur na Halfeindrondte
  3. Jeanelize van den Heever - dring deur na Halfeindrondte
  4. Jessica van Zyl
  5. Anuske Prinsloo
  6. Michaela Risi

Seniors:

  1. Isabel Venter - dring deur na Halfeindrondte
  2. Eduan Bruwer - dring deur na Halfeindrondte
  3. Stefan Oosthuizen
  4. Werner Steenkamp
  5. Justin Swart
  6. Zanel Kruger

Baie dankie aan Me. Dorette Prinsloo en Me. Annemarie Potgieter vir hul harde werk met die leerders.  Hierdie dames gaan uit hul pad om seker te maak die leerders het al die nodige hulp om voor te berei vir 'n debat en  maak debat by Marais Viljoen (en die harde werk wat daarmee saamgaan) absoluut die moeite werd! Julle word opreg waardeer.

Baie dankie ook aan die leerders vir hul toewyding en harde werk!

 

 

 

 

 

 

  • iconbrands advertising agency south of joburg