Hoërskool Marais Viljoen High

                                                                           

Hoërskool
Marais Viljoen

 

2015

Marais Viljoen se netball het op vele terreine in 2015 presteer. Ons kan nie anders as om eer te gee aan elke speelster wat hard gewerk het, elke afrigter wat naels gekou het en

Elke ouer wat getrou aangemoedig het nie.

Ligawenners

Uit 'n total van 13 spanne wen 8 van Marais Viljoen se netbalspanne hulle onderskeie ligas.
•o/14C
•o/15B
•o/15C
•o/16A
•o/16B
•o/16C
•o/17A
•Eerstes.

Gautengdag

Die volgende spanne neem aan die Gautengdag deel:
•o/15A
•o/16A (6de)
•o/17A (5de)
•Eerstes (6de)

Die o/17A span behaal 'n tweede plek tydens die 2015 SA-skoletoernooi.

Beverley Moyake is ook gekies vir die Wilde Klawerspan. Sy was ook tydens die SA-kampioenskappe gekies as een van die top 35 speles en sy deel dan die toekenning as Skole

Netbalspeelster van 2015.

Marais Viljoen is ook as een van die vyf skole genomineer vir die "Beste Netbalskool in Gauteng".

Tuksreeks

Marais Viljoen behaal in 2015 die algehele 2de plek by die Netbal-Tuksreeks.

Die uitslae is soos volg:
•o/14A - 8ste
•o/15A - 11de
•o/16A - 6de
•o/17A - 1ste
•Eerstes - 1ste

Die o/15B's het ook in die uitspele deelgeneem, maar het ongelukkig verloor.

FNB Classic Clash

Die 2015 FNB Classis Clash het teen Florida plaasgevind. Al ons spanne het gewen en die Eerstespan se telling was 51-11.

Cindy Basson is aangewys as die speelster van die wedstryd.

1. Afrigters

 

 Span Afrigter  
Organiseerder Louise Hattingh
o/14A Louise Hattingh
o/14B+C Ciska Fourie
o/15A Anika van der Walt
o/15B+C Hubrè Kotze
o/16A Lichelle Pekelharing
o/16B+C Liezel Oosthuizen
o/17A Elmarie Knoetze
o/17B + Tweedes Annelize Oosthuizen
Eerstes Martie Visser

 2. Provinsiale Spelers

 

Naam Span  Jaar 
Beverly Moyake o/18 Gauteng 2015
Anita Thakor o/18 Gauteng 2015
Kamohelo Masilo o/18 Gauteng 2015
Marliese Bothma o/16 Gauteng 2015
Antoinette Moutinho o/16 Gauteng 2015
Anuske Prinsloo o/14 Gauteng 2015
Anita Thakor o/17 Gauteng 2014
Beverly Moyake o/17 Gauteng 2014
Chrisna Wolmerans o/17 Gauteng 2014
Anita Thakor o/16 Gauteng 2013
Beverly Moyake o/16 Gauteng 2013
Sanmarie Roos o/18 Gauteng 2013
Antoinette Moutinho o/14 Gauteng 2013
Nicole Pretorius o/14 Gauteng 2012
Anita Thakor o/15 Gauteng 2012
Sanmarie Roos o/17 Gauteng 2012
Shené Strydom o/16 Gauteng 2011
Sanmarie Roos o/16 Gauteng 2011
Kylie Jardine o/19 Gauteng 2011
Jané Joubert o/15 Gauteng 2010
Kylie Jardine o/17 Gauteng 2010
Leani McMaster o/17 Gauteng 2010
Daneel Bester o/19 Gauteng 2010
Chanel Labuschagne o/19 Gaueng 2010
Kylie Jardine o/16 Gauteng 2009
Tanya Neervoort o/16 Gauteng 2008
Mbali Zwane o/17 Gauteng 2008
Aimee Kirkby o/17 Gauteng 2008
Clair Louise Bode o/16 Gauteng 2007
Tiny Ndzima o/17 gauteng 2007
Amanda Mini Amanda Mini 2007

3. Nasionale Spelers

 

Naam Span  Jaar 
Aimee Kirkby  SA Skole o/17  2008
Mpho Mokoena SA Skole o/19  2005
Inge van Nikerk SA Skole o/17 2003
Minette Venter SA Skole o/19  2004
Mampho Tsotetsi SA Skole o/19 2002
 Elsa Heystek  SA Skole o/16 2000

4. Provinsiale Afrigters

 

Naam Span  Jaar 
Louise Hattingh o/18 Spanbestuurder 2015
Louise Hattingh SA Skeidsregter 2012-2015
Yolandi Dannhauser SA Skeidsregter 2014
Ilzeri Britz Gauteng o/14 2012
Yolandi Dannhauser Gauteng o/18 2013
Louise Hattingh Gauteng o/17 2010
Louise Hattingh Gauteng o/17 2008-2009
Louise Hattingh SA Skeidsregter 2008-2009

 

Netbalverslag 2016

 

Die netbal het 'n goeie seisoen gehad hierdie jaar.  Verskeie spanne, spelers en afrigters het presteer.

 

1. Voorseisoen

 

Die voorseisoen het reeds vir ons eerste span en o/17 spelers het reeds aan die einde van 1015 begin.  Verder het ons vroeg Februarie afgeskop met ons Netbalvoorseisoen.  Dit het

baie goed gewerk dat die Netbalvoorseisoen reeds begin het terwyl die atletiekseisoen steeds besig was.  Dit het nie inbreuk gedoel aan die atletiekseisoen nie, en tot voordeel

getel van die netbalseisoen.

Na afloop van ons proewe is daar 27 Februarie, oefenwedstryde gereel teen Vereniging Gimnasium.  Die doel van die wedstryde was om spankeuses te vergemaklik deur die spelers te

toets in wedstrydomstandighede.  Al die afrigters van die A, B en C- Spanne het hierdie geleentheid gehad en kon hulle wedstryde gebruik het om hul spanne uit te sorter.

 

2. Toernooie / Toere

 

Die o/14A, o/15A, o/16A en o/17A-spanne het gedurende die Aprilvakansie aan die Waterklooftoernooi deelgeneem.  Hierdie teornooi het vanaf 19 tot 23 Maart gestrek.  Die spelers het blootstelling gekry om teen skole deel te neem teen wie hulle nooit speel nie.  Spanne regoor die land neem aan hierdie toernooi deel.  Dar was 114 spanne en 37 skole wat aan hierdie toernooi deegeneem het.  Van hierdie spanne van Marais Viljoen , het tot 14 wedstryde gespeel.
Hierdie was 'n verdere geleentheid om die spanne uit te sorter, en spelers op verskillende posisies in te oefen.  Afrigters het die geleentheid om tot 10 spelers per span in te skryf en gee spelers van die B-span ook die geleentheid om deel te wees van hierdie wedstrydsituasie.  Omdat daar geen wenner van die toernooi aangekondig word nie word hierdie wedstryde ook as vriendskaplik beskou en mag enige inruilings gedurende die wedstryde gemaak word.  Dit is belangrik om die druk teen verskillende skole te ervaar, omdat dit in die guns tel later in die seisoen.
Die eerstespan het vanaf 27 Maart tot 1 April aan die Gorge Top Netbaltoernooi wat by Carpe Diem skool aangebeid is, deelgeneem. Hier het hulle die kans gehad om teen top skole van regoor die land deel te neem.  Op hierdie toernooi het ons span 'n algehele vierde posisie behaal.

 

3. Tuksreeks

 

Marais Viljoen eindig algeheel 10de in die Netbaltuksreeks.

Die Tuksreeks het 5 Maart afgeskop.  Ons het hierdie jaar 'n moeilike poel gehad, maar die spelers het steeds goed presteer.

Ons uitslae as volg:

 

 o/14A -   5 de
 o/15A -  10de
 o/16A -   9de
 o/17A -   10de
 Eerste span(o/18A) -   10de

 

 Daar was geen van ons B-spanne wat hierdie jaar aan ons uitspele deelgeneem het nie.

Die TUKS- reeks is 'n groot deel van die Netbal se sukses, aangesien ons hier reeds teen skole deelneem wat vir ons kompetisie sal wees gedurende die Gauteng- uitspele.

 

4. Liga

 

Marais Viljoen was hierdie jaar algehele Liga Wenners.

Die Liga wedstryde het reeds begin gedurende die die TUKSreeks en ons spanne het reeds van die begin af baie goed presteer.

Die Liga is op 28 Mei afgehandel en die resultate is as volg.

 
 o/14 -2de
 o/15 - 2de
 o/16 -2de
 o/17 - 1ste
 Eerste span( o/18)-  1ste

 

Hierdie uitslae beteken dus dat ons 4 spanne het wat na die Gauteng- kampioenkappe deurdring wat op 16 en 17 Junie plaasgevind het.  Die 0/15 span neem ook verder deel aan die Kay Motsepe toernooi wat op die 27ste Augustus plaasgevind het.

Die volgende spanne wen ook hul liga:

 
•o/14B
•0/15B
•o/16B
•o/16C
•o/17B

Uit die totaal van 13 Marais Viljoen spanne, wen 8 Marais Viljoen spanne hul liga.

Ook het die 0/17A- span en die eerstespan al hul wedstryde gewen, met die maksimum hoeveelhede bonuspunte.  Met hierdie oorwinnings maak dit Marais Viljoen die algehele ligawenners met 303 punte, Kempton Park in tweede plek met 258 punte.

 

5. Classic Clash

Daar was slegs 3 spanne wat nie 'n oorwinning behaal het nie.  Ons eerstespan het Hoërskool Florida gewen met 'n telling van 27- 11

Dit is dus die tweede agtereenvolgende jaar dat Marais viljoen die Netbal Clash wen.

 

6. Skeidsregters

 

Ons het hierdie jaar een provinsiale skeidsregter nl. Me L. Jacobs gehad.

Ons het ook twee nuwe afrigters, Me A Oosthuyse en Me C. van Tonder, wat hul distrikgradering behaal het.

Ons het ook 'n leerder, Michelle de Necker opgelewer as skeidsregter.  Michelle het ook haar distrikgradering behaal.

Ons afrigters is altyd bereid om te help met die skeidsregting en sommige afrigters blaas selfs twee wedstryde per middag.

Die SASN reels vereis dat daar van buite skeidsregters gebruik gemaak moet word.

 

7. Provinsiale spelers

 

Hierdie jaar het ons 4 Gautengspelers gehad:

 

 Eerstespan(o/18)  Kamahelo Masipo
 o/16A  Shanell Kotze
 o/14A  Shaneca Smith, Thando Ngcobo

 

Hierdie 4 speelsters het gedurende die Junie vakansie aan die Al Ages Scool Tournament ( SA skole interprovinsiale toernooi ) deelgeneem.  Hierdie toernooi is hierdie jaar weereens deur DS G Jansen aangebied.

Shanell Kotze is gekies om deel te wees van die A- groep in haar ouderdom.  Sy het aan 'n verdere toernooi (ook in die Junie vakansie) in Durban deelgeneem waar haar span 'n silver medalje verwerf het.

Kamahelo Masipo was deel van die Gautengspan wat 'n silver medalje by hierdie jaar se SA kampioenskappe verwerf het.

 

8. Afrigters 

 

Marais Viljoen het 'n toegewyde span en ook passievolle afrigters.  Daar heers 'n gevoel van samehorigheid onder die afrigters wat verseker deursyfer na die spanne.  Afrigters ondersteun mekaar en moedig mekaar aan.  A, B en C - spanne word met dieselfde entoesiasme afgerig wat ook duidelik is in die Liga uitslae.  Afrigters moedig hul spane aan om ander Marais Viljoen spanne te ondersteun.

Daar was gedurende die jaar 'n warm en aangename gevoel onder die afrigters asook die spelers.

 

9. Beplanning 

 

Voordat proewe vir volgende seisoen gehou word, word daar voorlopig beplan om problem- en vaardigheidsidentifisering te doen.  Spelers kry hier die geleentheid om aan hul vaardighede te verbeter en ook nuwe vaardighede aan te leer.

Een span het op 16 en 17 September aan die Bosveld Bieliefees (Fast 5 toernooi) in Brits deelgeneem.

As gevolg van ons skoolrevue kon ons vanjaar nie aan die Coke-reeks deelneem nie.  Die Coke-reeks is 'n belangrike reeks aangesien skole van regoor die land daaraan deelneem.  Dit is dus in die beplanning om volgende jaar spanne in te skryf vir die Coke-reeks.

 

10. Gautengdag

 

Die o/14, o/16,o/17 en o/18 spanne het op 16 en 17 Junie aan die Gautengkampioenskappe deelgeneem.

Slegs die top 4 spanne van elke ouderdomsgroep in die liga neem deel aan die Gautengkampioenskappe deel.

Uitslae:

 

 o/14 - 8ste
 o/16  -8ste
 o/18  -15de

 

11. Nasionale Kampioenskappe

Die o/17 span het 12de in Suid Afrika geïndig.

Drie uit sewe van die spelers kom van die B-span af en dit was dus die span se eerste nasionale toernooi as 'n span.

 

12. Motsepe o/15 Toernooi

Daar is hierdie jaar 'n groot borgskap vir die o/15's ontvang.  As gevolg van die groot borgskap is daar besluit om die o/15's aan 'n addisionele toernooi te laat deelneem wat op

27 Augustus plaasgevind het.

Die span het 'n algehele 16de plek verwerf by hierdie toernooi.

 

13. Algemeen

Marais Viljoen het 'n wonderlike siesoen gehad.  Dankie an elkeen wat baie hard gewerk het!

 

Kontak Sportkantoor vir meer inligting
 


--------------------------------------------------------------------------------


 

  • iconbrands advertising agency south of joburg