Hoërskool Marais Viljoen High

                                                                           

Hoërskool
Marais Viljoen

 
 

Krieket

Marais Viljoen spog met 11 spanne wat 3 spanne per ouderdom en 4 in die senior ouderdomme insluit. Al hierdie spanne speel tydens die 1ste, 3de en 4de kwartale in 5 verskillende ligas, naamlik Easterns Platinum , Johannesburg, Easterns Coke , Finsbury Superliga, Evergreen-liga, asook die GM Cup wat 'n uitvloeisel van die Suid-Oosrand-liga is.

Ons seisoen en ligastruktuur werk tans soos volg: In die 1ste en 4de kwartale speel ons in die Johannesburg-liga met ons 14A & B, 15B, 3de en 2de spanne teen ander Johannesburg-skole se A- spanne. In die 1ste kwartaal met ons 1ste en 15A-spanne ook in die Finsbury Superliga teen skole so ver as Nelspruit en Ben Vorster van Tzaneen. Die 2de kwartaal funksioneer ons Akademie met ons winterprogram en in die 3de kwartaal speel ons in die Evergreen reeks, Easterns Platinum en GM-ligas, sowel as die Easterns Coke uitklopliga wat deel uitmaak van die Coke Nasionale T20-kompetisie.

Ons toer jaarliks na verskeie plekke waar ons teen top kwaliteit skole wedstryde speel. Die Juniorspanne toer ook na Kimberley waar hulle teen van die top skole in Suid-Afrika deelneem. Tydens 2013 het ons ook in Engeland en Skotland gaan toer met 'n groep van 22 seuns en dit was beslis 'n hoogtepunt van hierdie seuns se loopbaan by Marais Viljoen.

Min skole kan sê dat hulle hul eie kriekettoernooi het, en ons is baie trots op ons Evergreen reeks wat 'n T20- reeks is. Die reeks word in die 3de kwartaal met gekleurde klere en wit balle gespeel.

Marais Viljoen het ook sterk bande met Serious Cricket Coaching en Neil Levenson wat die akademie vanuit ons eie Sportsentrum bedryf. Hierdie fasiliteit skep die geleentheid vir ons seuns om reg deur die jaar krieket te kan beoefen en so hulle tegniek te verbeter.

Die Roostuin!

Vanaf 2005 is daar 'n tradisie deur mnr Patrick Moroney en Wicus Steenberg begin.  'n A-span-speler wat in 'n beurt 'n honderdtal, 5 paaltjies of 'n driekuns behaal, word beloon met 'n helm met 'n skoolwapen. 'n B-span-speler wat dieselfde prestasie behaal ontvang 'n spesiale das. Vanaf 2005 – 2012 is daar reeds 123 sulke toekennings aan beide die A en B groepe toegeken.

Tydens die 2010/11 seisoen is daar besluit om hierdie seuns te vereer deur hulle name op ereborde in die krieketklubhuis aan te bring. Saam met hierdie borde gaan 'n roostuin hand aan hand. In die tuin word elke uitsonderlike prestasie met 'n roosboom herdenk en sodoende kan die spelers nie net eendag terugkeer om na hulle name op die klubhuisborde te kom kyk nie, maar letterlik na die prag ter nagedagtenis van hulle werk op die veld kom kyk.

Coaches for 2017
 

LEAGUES AND FORMAT

TEAM

COACH

Super League

Evergreen

Easterns Platinum

Coke 20/20

JHB League

Test League

Big 5 Festival

Heritage Festival

Woerrie Week

INDWE Invitational T20

1ST

ANDREW NEL

NEIL LEVENSON

 

JHB League as 1st Team

16A / COLTS (1st term)

JUANDRE POTGIETER

Easterns Test League as 1st Team

2nd ( 1st term)

HENCO SAAIMAN

Evergreen

Easterns Platinum

Heritage Festival

Coke 20/20

2ND TEAM (3RD /4TH term)

JUANDRE POTGIETER

 

Easterns Platinum

JHB League

3rd

 

HENCO SAAIMAN

Easterns Platinum

4th (only 3rd & 4th term)

DANIE JACOBS

Super League

Evergreen

Easterns Platinum

Coke 20/20

JHB League

Test League

15A

JACO DU PREEZ

ZUBER MALEK

Easterns Platinum

JHB League

15B

NICO PIETERSE

Easterns Platinum

15C

SAREL TERBLANCHE

Vaal League

Evergreen

Easterns Platinum

JHB League

Test League

14A

GERT CRAMER

JACK MANACK

Easterns Platinum

JHB League

14B

ANTON van DAM

Easterns Platinum

14C

JOHAN v NIEKERK

Easterns Platinum

GIRLS TEAM

TBA

 

Provinsiale spelers

Naam

Jarred Alder

 Span

Easterns 0/19A

 Jaar

2016

Christo vd Merwe

Easterns 0/17A

2016

Stefan Cloete

Easterns 0/17A

2016

Arno Kotze

Easterns 0/17B

2016

Divan Oosthuyse

Easterns 0/17B

2016

Neil Bothma

Easterns 0/15A

2016

Henko Black

Easterns 0/15A

2016

Leander Lubbe

Easterns 0/15A

2016

Khaya Nyamathe

Easterns 0/15A

2016

Reinhart Kuhn

Easterns 0/15B

2016

FC Kotze

Easterns 0/15B

2016

Delano Potgieter

Gauteng o/19A

2014

Delano Potgieter

Gauteng o/17A

2013

Liam  Lindsey

Gauteng o/15B

2012

Delano Potgieter

Gauteng o/17A

2012

Delano Potgieter

Gauteng o/15

2011

Chris v.d. Merwe

Gauteng o/19B

2011

Delano Potgieter

Gauteng o/15

2010

Chris v.d. Merwe

Gauteng o/17

2010

Carla Strydom

Gauteng womans team

2010

Carla Strydom

Gauteng girls u/16

2009

Tiaan van Niekerk

Gauteng o/15

2008

George Farmer

Gauteng o/15

2007

Brian Barnard

Gauteng o/19

2007

Ruan Botha

Gauteng o/15

2006

Jaques Steenkamp

Gauteng o/19

2005

Brian Barnard

Gauteng o/15

2005

Hardus Viljoen

Gauteng o/15

2005

Nasionale Spelers

 Naam

Span 

Jaar 

Jarred Alder

SA Colts

2016

Gerhard de Bruyn

SA 0/19

2000

 

Senior Provinsiale Spelers (Eersteklas Spelers)

Gerhard de Bruyn          Strikers / Lions

Hardus Viljoen                Strikers/ Lions

Brian Barnard                 Strikers

Delano Potgieter            Strikers

 

Provinsiale afrigters

Zuber Malek                   Easterns u/17B     2016

Andrew Nel                     Easterns u/15B     2016

Neil Levenson                Easterns u/17B     2016

Patrick Moroney             Gauteng u/16       2003

 

 

 

Provinsiale administrateurs

 Naam

Andrew Nel              

Komitee 

Easterns High Schools       

Jaar 

2016

Patrick Moroney

Gauteng Krieketkomitee 

2004-2008

 

Leagues won during 2016:

14A     Easterns / Vaal & Evergreen

14B     Easterns

3rd      Easterns

15A     Easterns

 
Baie dankie vir al die afrigters se harde werk!
 
 
 

 

  • iconbrands advertising agency south of joburg