ATKV-Redenaars:

ATKV-Orators:

Stefan Oosthuizen, Isabel Venter en Louise de Villiers het deurgedring na die Landsfinaal wat op 10, 11 en 12 Augustus by Goudini plaasvind.

Stefan Oosthuizen, Isabel Venter and Louise de Villiers are going through to to the Nationals on 10, 11 and 12 August at Goudini. We wish them all the best and hope that they will make a clean sweep.

Wat is Debat?

What is Debating?

Debat is ‘n aktiwiteit wat leerders in staat stel om belangrike vaardighede te bemeester en te ontwikkel. Hieronder is navorsing en die ontleding daarvan, seker die belangikste. Debatterders moet nie net goed voorbereid wees nie, maar ook op hul voeter kan dink. Reeds in die eerste kwartaal begin die debatteerders werskaf om aan die ATKV se Nasionale Debatkompetisie te kan deelneem. Die navorsing het in 2016 sentreer rondom die volgende interessante onderwerpe:

Juniors:

Die Suid Afrikaanse onderwysstelsel voldoen (of nie) aan die land se behoeftes (nie).

Seniors:

Die gebruik van Engels as onderrigtaal sal (of nie) verdraagsaamheid in Suid – Afrika bevorder (nie).Vyf spanne (3 senior en twee junior) het aan die eerste uitdunrondte deelgeneem wat by Dr. Malan in Meyerton aangebied is. Een junior- en een seniorspan het na die tweede rondte toe deurgedring wat by Afrikaans Hoër Seuns aangebied is.

Deelnemers in 2016

Participants in 2016

Juniors:
  • Johan Venter – dring deur na halfeindrondte
  • Mynardt Fouchè – dring deur na Halfeindrondte
  • Jeanelize van den Heever – dring deur na Halfeindrondte
  • Jessica van Zyl
  • Anuske Prinsloo
  • Michaela Risi
Seniors:
  • Isabel Venter – dring deur na Halfeindrondte
  • Eduan Bruwer – dring deur na Halfeindrondte
  • Stefan Oosthuizen
  • Werner Steenkamp
  • Justin Swart
  • Zanel Kruger

Baie dankie aan Me. Dorette Prinsloo en Me. Annemarie Potgieter vir hul harde werk met die leerders. Hierdie dames gaan uit hul pad om seker te maak die leerders het al die nodige hulp om voor te berei vir ‘n debat en maak debat by Marais Viljoen (en die harde werk wat daarmee saamgaan) absoluut die moeite werd! Julle word opreg waardeer.

Baie dankie ook aan die leerders vir hul toewyding en harde werk!

Hoekom Marais Viljoen?

Leaders in Comprehensive Education

Hoërskool Marais Viljoen rus op drie pilare:
Akademie, Sport en Kultuur.

Al drie aktiwiteite is vir ons ewe belangrik en word ook so hanteer.

Daarom voel ons dat elke leerder, onafhanklik van sy/haar talente, by ons gelukkig sal wees. Ondersteuning van ons sport- en kultuurspanne, is vir ons net so belangrik soos prestasie.

Cornerstones

Academics

Sport

Culture

MV+ Community

School History

SA wenners van Fast 5 toernooi. SA winners of Fast 5 tournament.