Revue
Revue by Marais Viljoen, is ‘n aktiwiteit wat ongelooflik populêr is. Hierdie gesogte aktiwiteit bied aan alle leerlinge ‘n voorsmakie van die vermaaklikheidswêreld en die geleentheid om hulle musikale talente te ontwikkel en op die verhoog ten toon te stel.
Alhoewel die revue baie ure se harde werk en deursettingsvermoë verg, is hierdie driejaarlikse instelling een van die aktiwiteite wat die leerders geweldig geniet en is 2022 weer een om na uit te sien.
Revue at Marais Viljoen presents learners with a taste of the professional arts and music world. During this time professionals provide the music and sound, design the costumes and professional choreographers coach the learners.
As this is a three yearly event, the next revue will be in 2022.
“This is us”
Soos in die verlede het Marais Viljoen weer ‘n fenominale revue op die planke gebring.
Liedjiekeuses en die sanggroep is reeds vroeg in 2019 afgehandel en ons kon
dus reeds in Februarie aan die werk gespring. Die proffesionele choreograwe het weekliks (van Maandag tot Woensdag) 3 ure saam met die groepe geoefen om die liedjies en danse vas te lê.
Die sanggroep het Saterdae onder leiding van mev. Hardie Farrell geoefen en teen die einde van April was alle klankopnames voltooi.
Die revue se sukses kan toegeskryf word aan die uitstekende liedjiekeuses, die proffesionele klankkwaliteit, dekor en beligting, die insette van die choreograwe, uitstekende kostuumkeuses en die massadeelname van toegewyde leerders wat passievol gesing en gedans het.
Marais Viljoen het wéér die gehoor verras en asems weggeslaan en mense kon nie uitgepraat raak oor die ongelooflike revue nie.
REVUE by Marais Viljoen bly definitief ‘n WENNER!!!
Beyond 2000
Marais Viljoen het weer by die Nasionale kompetisie Beyond 2000 ingeskryf waaraan 7 Hoërskole en verskeie Laerskole deelgeneem het.
Ons moes ‘n medley van 15 minute uit die revueliedjies saamstel en binne twee weke op die planke bring.
Marais Viljoen het ‘n derde plek behaal en weggestap met prysgeld van R5000 en elke leerder het ‘n brons medalje ontvang.
Die leerders het in hierdie baie kort tydjie meer as hulle deel gebring en ek was baie trots om deel van so ‘n klomp passievolle jong mense te wees.
Mev. Vanessa Prinsloo
U kind mag nie die geleentheid in 2020 misloop nie!!!
Die revue van 2019, waaraan 270 leerders deelgeneem het, is deur Mnr Riaan van Rensburg (Klankingenieur betrokke by ons liedjiekeuses en opnames) van RVR-produksies, aan ‘n Hollywood produksie gelykgestel en van die 22 revues waarby hy betrokke was as die 2019 revue van die jaar bestempel!.