Revue

 

Revue by Marais Viljoen, is ‘n aktiwiteit wat ongelooflik populêr is. Hierdie gesogte aktiwiteit bied aan alle leerlinge ‘n voorsmakie van die vermaaklikheidswêreld en die geleentheid om hulle musikale talente te ontwikkel en op die verhoog ten toon te stel.

Alhoewel die revue baie ure se harde werk en deursettingsvermoë verg, is hierdie driejaarlikse
instelling een van die aktiwiteite wat die leerders geweldig geniet en is 2025 weer een om na uit
te sien.

Revue at Marais Viljoen presents learners with a taste of the professional arts and music world.
During this time professionals provide the music and sound, design the costumes and professional choreographers coach the learners.

As this is a three yearly event, the next revue will be in 2025.

“Legacy”

Soos in die verlede het Marais Viljoen weer ‘n fenominale revue op die planke gebring.

Die naam “Legacy” is gekies, omdat dit nie net na ons hoof Mev. Martie Heystek, wat aan die einde van 2022 aftree, se nalatingskap verwys nie, maar ook na die nalatingskap van ons leerders eendag aan hulle kinders.

Dit is ‘n instelling waarna ons leerders baie uitsien omdat ons ook massadeelname aanmoedig.

Liedjiekeuses en die sanggroep is reeds vroeg in 2021 afgehandel en ons kon  dus reeds in Februarie aan die werk gespring. Die proffesionele choreograwe het weekliks (van
Maandag tot Woensdag) 3 ure saam met die groepe geoefen om die liedjies en danse vas te lê.

Die sanggroep het Donderdae middae en sekere Saterdae onder leiding van Riaan van Rensburg geoefen en teen die einde van Mei was alle klankopnames voltooi.

Die revue se sukses kan toegeskryf word aan die uitstekende liedjiekeuses, die proffesionele klankkwaliteit, dekor en beligting, die insette van die choreograwe, uitstekende kostuumkeuses en
die massadeelname van toegewyde leerders wat passievol gesing en gedans het.

Marais Viljoen het wéér die gehoor verras en asems weggeslaan en mense kon nie uitgepraat raak oor die ongelooflike revue nie.

REVUE by Marais Viljoen bly definitief ‘n WENNER!!!

Beyond 2000

REVUEKOMPETISIE 2022

Marais Viljoen het weer by die Nasionale kompetisie Beyond 2000 ingeskryf waaraan 9 Hoërskole en verskeie Laerskole deelgeneem het.

Ons moes ‘n medley van 15 minute uit die revueliedjies saamstel en binne twee weke op die planke bring.

Marais Viljoen het ‘n derde plek behaal en weggestap met prysgeld van R5000 en elke leerder het ‘n brons medalje ontvang.

Die leerders het in hierdie baie kort tydjie meer as hulle deel gebring en ek was baie trots om deel van so ‘n klomp passievolle jong mense te wees.

Mev. Vanessa Prinsloo

U kind mag nie die geleentheid in 2025 misloop nie!!!