Penalty system / Strafstelsel

Die gedragskode, wat reëls aangaande skoolsake, kleredrag, persoonlike voorkoms, asook die dissiplinêre reëls en strawwe vervat, se hoofdoel is die vasstelling en bevordering van ‘n standaard wat die skool wil daarstel om sy missie uit te voer en om selfdissipline by die leerders van die skool te kweek.

Missie

“Hierdie opvoedkundige instansie wend toekomsgerigte kundiges aan om leerderpotensiaal te ontsluit en ontwikkel”.

Die gedragskode is so opgestel dat die gedrag van ‘n leerder in die skoolomgewing sodanig is, dat die akademiese ontwikkeling en prestasie so kan geskied dat elke leerder tot volle potensiaal kan ontwikkel in ‘n geordende struktuur.

Daar moet beklemtoon word dat die ontwikkeling van selfdissipline in ‘n leerder nie net die verantwoordelikheid van die skool is nie, maar wel grotendeels ‘n vennootskap tussen die ouer, gemeenskap en skool”: ’n kind is die produk van sy/haar omstandighede”.

Ons glo dat die puntestelsel die regverdigste manier sal wees om leerders, wat hulle nie by die reëls en gedragskode hou nie, te straf, asook om die leerders wat wil werk, die nodige kwaliteitonderrig te kan gee.

Dit is dus nodig dat die leerder en die ouer, wat leiding aan sy kind moet gee, die stelsel moet onderskryf en hulle daaraan onderwerp om sodoende te sorg dat die kind se belange en regte, asook dié met wie hy die skool deel, gerespekteer en beskerm word.

Penalty System can be downloaded here