Code of conduct / Gedragskode

Code of Conduct - Gedragskode

Leerders met verkeerde skooldrag en sonder ‘n skooldagboek kan gevra word om die terrein te verlaat. Herhaaldelike oortreding van die gedragskode kan lei tot ‘n direkte dissiplinêre verhoor.

Persoonlike Voorkoms En Houding
1) Wintersdrag
2) Seuns
3) Meisies

Algemene Gedrag
Bestuurspan

Persoonlike Voorkoms en Houding / Personal Appearance and Attitude

Wintersdrag 1 Mei tot 31 Augustus

Winter wear 1 May to 31 August

Slegs gedurende die winter mag ‘n trui onder die skoolbaadjie gedra word.

Truie mag op geen ander tye op die terrein wees nie.

Leerders se klere, sowel hulle as persoon, moet te alle tye netjies en skoon wees.

Leerders mag nie die skoolterrein verlaat, tensy hulle behoorlik geklee is nie, hetsy in skool- of sportdrag.

Skooldrag moet met alle skoolfunksies gedra word, behalwe waar anders deur die skoolhoof bepaal word.

Alle reëls geld by alle skoolfunksies asook ná skool waar die leerders nog in hul skooldrag geklee is

Ons behou ons die reg voor om enige skoolreël te verander, indien die leerders nie netjies lyk nie.

‘n Ondersteunershemp en ‘n lang blou denim of kniebroek met toe skoene mag op dae, soos deur die hoof aangekondig, gedra word. Geen ander broeke, soos sweetpakbroeke, mag gedra word nie. Op sulke dae mag

  • GEEN TRUIE NIE. Geen ondesteunersdrag sal tydens die Julie- of Novembereksamen gedra word nie
  • GEEN ANDER BAADJIES OF TRUIE, BEHALWE SOOS BY SKOOLDRAG UITEENGESIT,
  • MAG OOIT GEDRA WORD NIE.
  • Geen kledingstuk waarop die skoolwapen verskyn mag aan enigiemand anders (behalwe bloedverwante, ander voltydse leerders van die skool of die skool se klerebank) verkoop of geskenk word nie. Hierdie klere en kleure is ons trots en dit mag nie in verkeerde hande beland nie.

Seuns

1. Hemp

  • Wit, kortmou skoolhemp met of sonder ‘n skooldas.
  • Standaard wit langmouhemp met ‘n kraag, met ‘n skooldas en/of ‘n -baadjie.
  • As ‘n kortmouhemp onder ‘n baadjie gedra word, moet ‘n das gedra word.
  • Geen hemp mag uithang nie.
  • ‘n Wit T-hemp sonder enige drukwerk, mag onder ‘n skoolhemp gedra word.
  • ‘n Das moet saam met ‘n dashemp gedra word.

2. Das

  • Die voorgeskrewe gestreepte das is verpligtend vir alle leerders.
  • Vanaf graad 9 mag slegs dié leerders wat kleure ontvang het, die effeblou das dra.
  • Die das moet tot by die belt hang en die boonste knoop moet vas wees.

3. Broek

  • Standaard grys kortbroek. (Nie afgesnyde langbroek nie).
  • Indien so verkies, mag ‘n standaard grys langbroek, waarvan die pyp minstens 40cm in omtrek is, gedra word.
  • Slegs ‘n swart belt met ‘n klein gespe moet gedra word. Die dra van ‘n belt is verpligtend. Geen ornamentele gespes of ander versierings op belde nie.
  • “Boxer shorts” / “ski pants” mag nie sigbaar wees nie.
  • Broeke moet met die belt bokant die heupe vasgemaak word.

4. Skoene

  • Slegs swart leerskoene. (Seemsleerskoene word nie toegelaat nie).
  • Geen modeskoene, bv. platform- en skerppuntskoene, word toegelaat nie.
  • Geen tekkies / “sneakers” / “trainers” word toegelaat nie.
  • “Slip-ons” moet ‘n duidelike hak hê. Wighakke is ontoelaatbaar.
  • Veterskoene moet swart veters hê en behoorlik vasgemaak wees.
  • Skoene wat nie volgens skoolreëls is nie, sal gekonfiskeer word en kan eers aan die einde van die jaar afgehaal word. In die geval van ‘n voetprobleem is ‘n doktersbrief nodig.
  • Leerders mag nie met Tippex (of enige iets anders) op hulle skoene skryf nie.
  • Skoolskoene is verpligtend.

5. Kouse

  • By ‘n kortbroek moet lang, grys skoolkouse gedra word.
  • By ‘n langbroek moet grys skoolkouse gedra word – geen ander kleur word toegelaat nie.

6. Trui

  • ‘n Moulose skool- “pullover” (oortrektrui) moet met die wit kortmouhemp, met of sonder das, gedra word. Indien ‘n skoolbaadjie gedra word, is die oortrektrui nog steeds verpligtend.
  • Die langmouskooltrui moet met ‘n das en baadjie gedra word.
  • Geen moue van ‘n trui mag opgestoot word nie. Indien die trui alleen gedra word, sal dit gekonfiskeer word.

7. Kleurbaaidjie

  • Behalwe vir die Bestuurspan, is die dra van ‘n skoolbaadjie in die somer nie verpligtend nie.
  • Die skoolwapen op die sak is verpligtend.
  • As ‘n baadjie gedra word, moet ‘n das gedra word.
  • Op Maandae en spesiale dae, mag ‘n spesiale wit baadjie deur die Voorsitters van die Bestuurspan, VLR en leerders wat in ‘n skoolaktiwiteit (dus deur Marais Viljoen aangebied en ook op skoolvlak vir Marais Viljoen deelgeneem) nasionale kleure verwerf het, gedra word. In die geval van buitengewone prestasies op nasionale vlak (kultuur waar daar individueel deelgeneem is), mag die hoof sy/haar oordeel gebruik om ‘n wit baadjie toe te ken.
  • Geen ander aansteekwapens as wat deur die skool toegelaat (soos 100% Marais Viljoen, Geesvangknopie, Bestuurspanknopie, Matriekspeldjie, CSV-speldjie en VLR-speldjie), is toelaatbaar nie. Slegs leerders wat provinsiale of nasionale aansteekwapens ontvang het, mag (met toestemming) so iets dra. So ‘n wapen moet verwerf word.

8. Sportdag

  • Atletiek: Volledige sweetpak ná deelname.
  • Hokkie & Rugby: Volledige skoolklere ná deelname.
  • Krieket: Skoolbaadjie saam met krieketdrag ná deelname.
  • Wedstryde gedurende die week: leerders verklee eers na skool.

9. Hare

  • Geen “steps” is toelaatbaar nie. (Geen duidelike lyn toelaatbaar nie). In die geval van ‘n “comb-over” moet dit egalig aan die kante en agter ingesny wees.
  • Geen “undercuts” word toegelaat nie.
  • Niks minder as ‘n No. 2-kammetjie mag gebruik word om hare mee te skeer nie. Dit geld ook by ‘n “comb-over”. Indien hare met ‘n 0/1-kammetjie geskeer word, moet die res van die hare met ‘n No. 2-kammetjie geskeer word.
  • Indien die hare reguit getrek word, mag dit nie laer as die wenkbroue of oor die ore hang nie. “Sidies” mag nie langer as die middelknoppie van die oor wees nie.
  • Hare mag nie agtertoe gejel of gemousse word om té lang hare te versteek nie.
  • Hare mag nie gekleur word nie – geen “high-lights” of “low-lights” nie. Indien dit wel gedoen word, moet dit met ‘n No. 2-kammetjie geskeer en so gehou word, totdat dit reg is.
  • Geen verlengstukke mag gedra word nie.
  • Geen “dreadlocks”, “pineapple ponies” of enige ander styl wat die hare onnatuurlik regop laat staan, word toegelaat nie.
  • “Spikes” of hare wat regop staan, mag nie langer as 3cm wees nie en “plaits” mag nie ‘n “stertjie” hê nie.
  • Haarknippies word nie toegelaat nie.
  • Geen “Mohawk / Mullet / Comb-over” wat nie egalig ingesny is, word toegelaat nie.
  • Patrone mag nie in hare ingesny word nie.
  • Geen uitspattige haarstyle of ingeweefde patrone word toegelaat nie.
  • Indien hare reguit getrek word, mag dit nie aan die kraag raak nie.
  • Geen kamme word in hare toegelaat nie.
  • Hare mag nie langer as 3cm wees nie.
  • Geen duidelike lyn mag in die hare ingesny word of ‘n V-vorm agter in die hare nie.

10. Skooltasse

  • Graffiti en plakkers word nie op tasse toegelaat nie.
  • Skooltasse moet groot genoeg wees sodat die nodige boeke vir ‘n dag inpas.
  • Tradisionele skooltasse word aanbeveel – modetasse word ten sterkste afgekeur.
  • Tasse moet versterk wees om boeke te beskerm.

11. Marais Viljoen Pette

  • Verpligtend vir graad 8 – 11 op Maandae en sportbyeenkomste, tensy anders afgekondig.
  • Alle pette met duidelik aan die binnekant gemerk wees.

12. Algemeen

  • Naels moet netjies, kort en versorg wees.
  • Slegs horlosies (van enige soort) word toegelaat – geen juwele word ooit toegelaat nie. (Ook nie tydens civvie-dae, eksamens of enige skoolfunksie nie).
  • Hemde moet te alle tye ingesteek wees.
  • Alle seuns moet geskeer wees. Geen baarde of snorre word toegelaat nie.
  • Geen gaatjies vir enige juweliersware (insluitende tongringe) mag op enige plek in die gesig wees of aangebring word nie.
  • Geen oor-, tong- en/of neusringe mag gedra word nie.
  • Geen tatoeëring word toegelaat nie en indien ‘n leerder wel ‘n tatoeëermerk het, mag dit nie sigbaar wees nie. Hierdie reël geld ook vir civvie-dae.
  • Geen grimering of haarknippies word toegelaat nie.
  • Seuns mag onder geen omstandighede soos meisies aantrek nie.
  • Wenkbroue mag nie geskeer word nie.
  • Geen “beanies” of oormoffies word toegelaat nie.

13. Civvie-Dae

  • Geen oorbelle en grimering nie.
  • Tatoeëermerke mag nie sigbaar wees nie.
  • Alle skoolreëls geld.

14. Gr.12 – Voorregte

  • Eie kleedkamer.
  • Matriek pullover en das.
  • 5-sak Barron Chino met kleur: Stone. (Niks anders is toelaatbaar nie).

Meisies

1. Rok

  • Koningsblou skoolrok.
  • Lengte van rok: 15cm vanaf grond, gemeet in ‘n knielende posisie.
  • Die skoolrok mag nie nouer gemaak word nie.
  • Geen spelde / belde mag gebruik word om die rokke korter te maak nie.
  • Rompies is nie toelaatbaar nie.

2. Bloes

  • Wit, kortmoubloes met ‘n oopslaankraag.
  • Sandaard wit langmouhemp met ‘n das en swart balletkouse moet saam met ‘n baadjie gedra word.
  • Geen hemp mag uithang nie.
  • Die skoolhemp mag nie oor die rok gedra word nie.

3. Das

  • Die voorgeskrewe, gestreepte das is verpligtend vir alle leerders.
  • Vanaf graad 9 mag slegs dié leerders wat kleure ontvang het, die effeblou das dra.

4. Langbroek

  • Standaard grys langbroek. Geen “hipsters” mag gedra word nie.
  • As ‘n langbroek gedra word, moet die skool-”pullover” (oortrektrui) TE ALLE TYE
  • gedra word.
  • Slegs standaard grys sokkies saam met ‘n langbroek.
  • Geen belt mag gedra word nie.

5. Skoene

  • Slegs swart toerygskoene, gespeskoene of “Baby Dolls”.
  • Geen modeskoene, bv. balletskoene/”pumps”, word toegelaat nie.
  • Slegs skoolskoene van gesondheidsmake mag gedra word.
  • Veterskoene moet swart veters hê en behoorlik vasgemaak wees.
  • Skoene wat nie volgens skoolreëls is nie, sal gekonfiskeer word en kan eers aan die einde van die jaar afgehaal word. In die geval van ‘n voetprobleem is ‘n doktersbrief nodig.
  • Leerders mag nie met Tippex of enige iets andes op hulle skoene skryf nie.
  • Skoolskoene is verpligtend.

6. Kouse

  • Somersdrag: wit sokkies.
  • Wanneer ‘n meisie swart balletkouse dra, moet sy ‘n baadjie en das daarby dra. ‘n Meisie mag nie ‘n kortmouhemp saam met swart balletkouse dra nie.
  • Geen swart kouse mag gedurende die somerseisoen gedra word nie.
  • Geen gewone sykouse mag by die rok gedra word nie.
  • By die langbroek: standaard grys kouse/sokkies. Geen wit of gekleurde kouse word toegelaat nie.

7. Kleurbaadjie

  • Vir Bestuurspanlede, is die dra van ‘n skoolbaadjie op Vrydae verpligtend.
  • Die skoolwapen op die sak is verpligtend.
  • “n Spesiale wit baadjie mag deur Voorsitters van die Bestuurspan, VLR-lede en leerders, wat in ‘n skoolaktiwiteit nasionale kleure verwerf het, op Maandae en spesiale geleenthede gedra word.
  • Geen ander aansteekwapens as wat deur die skool voorgeskryf (soos 100% Marais Viljoen, Geesvangknopie, Bestuurspanknopie, Matriekspeldjie, CSV-speldjie), word toegelaat nie. Slegs leerders wat provinsiale of nasionale aansteekwapens ontvang het, mag (met toestemming) so iets dra. So ‘n wapen moet verwerf word.

8. Trui

  • ‘n Skool-oortrektrui mag met die wit kortmoubloes, sonder ’n das, gedra word.
  • Die langmouskooltrui mag slegs met ‘n baadjie en das gedra word.
  • Geen moue van ‘n trui of baadjie mag opgestoot word nie. Indien die trui alleen gedra word, sal dit gekonfiskeer word.

9. Sportdag

  • Atletiek: Volledige sweetpak ná deelname.
  • Netbal & Hokkie: Volledige skoolklere ná deelname.
  • Wedstryde gedurende die week: leerders verklee eers na skool.

TYDENS ENIGE SKOOLTOER OF KAMP GELD DIE GEDRAGSKODE EN STRAFSTELSEL.

10. Hare

(Mev. Zwecker sal die eerste vyf minute van elke pouse in K. 17 beskikbaar wees vir navrae oor hare)

  • Geen “undercuts” word toegelaat nie.
  • Hare mag nie korter as ‘n No. 3-kammetjie geskeer word nie.
  • Lang hare en hare wat aan die onderste gedeelte van die omvou van die hemp se kraag raak/verlengings moet teen die kop met ‘n rekkie stewig vasgebind word. (Geen kraaineste nie).
  • Kuiwe mag nie in die oë hang nie.
  • As die kuif uitgegroei word, moet dit weg van die gesig vasgemaak word.
  • Haarversierings mag koningsblou (royal blue) of geel wees. Bruin, swart, wit en ander kleure is nie toelaatbaar nie.
  • Hare mag nie gekleur, getint of gebleik word nie. (Geen “high-lights” of “low-lights” nie). Indien dit wel gebeur, moet die hare teruggekleur word na die natuurlike kleur. Hierdie word slegs deur mev. Zwecker d.m.v. ‘n nota agterin die dagboek hanteer.
  • Verlengstukke, met dieselfde kleur as die hare, is toelaatbaar. Dieselfde reëls geld egter soos vir lang hare.
  • Geen “dreadlocks” of “pineapple ponies” word toegelaat nie. “Spikes” mag nie langer as 3cm wees nie.
  • Hare moet uit die gesig vasgesteek word.
  • Hare wat regop staan, mag nie langer as 3cm wees nie.
  • Geen uitspattige haarstyle word toegelaat nie.
  • Patrone mag nie in hare gesny word nie.
  • Uitspattige vlegsels of “weaves” word nie toegelaat nie.
  • Geen kamme word in die hare toegelaat nie.
  • Groot verskille in die lengte van een kant na die ander, word nie toegelaat nie.
  • “Ombré” word nie toegelaat nie.

11. Naels

  • Naels mag nie oorsteek as daar van die handpalmkant gekyk word nie.
  • Kleurlose naellak mag gedra word (“pearly” naellak is verbode).
  • Bestuurspanlede het die reg om leerders te beveel om hul naels te knip en om gekleurde naellak te verwyder.
  • “Gel”, “tips” of “French manicure” word nie toegelaat nie.

12. Grimering

  • GEEN grimering mag met skooldrag gedra word nie.
  • Dit sal in die teenwoordigheid van ‘n personeellid deur die leerder self verwyder word.
  • GEEN PERMANENTE GRIMERING WORD TOEGELAAT NIE.
  • GEEN GEKLEURDE / BLINK “LIP ICE” WORD TOEGELAAT NIE.
  • GEEN Tatoeëring word toegelaat nie en indien ‘n leerder wel ‘n tatoeëermerk het, mag dit nie sigbaar wees nie.
  • GEEN vals oogwimpers nie.

13. Juwele

1. Ringe :

  • Slegs een seëlring word toegelaat.

2. Oorbelle :

  • Slegs EEN paar identiese oorbelle mag gedra word.
  • Die oorbelle moet in die middel van die oorlob gedra word, nie in die oorknoppie nie.
  • Slegs “studs” sonder steentjies mag gedra word. Slegs die “studs” wat gebruik word om gaatjies in te skiet mag gedra word. Geen ronde balletjies nie.
  • Gladde “sleepers”, sonder versierings, met ‘n deursnee van 13mm met gedra word (standaardgrootte). Geen breë “sleepers” mag gedra word nie.
  • Alle verkeerde oorbelle sal gekonfiskeer word en vir die res van die jaar in die kluis gehou word.

3. Horlosies :

  • Slegs standaard armhorlosies.

Geen ander juwele soos hangertjies, armbande, leertoutjies, ens. is toelaatbaar nie. Geen gaatjies vir enige juweliersware (insluitend tongringe) mag op enige plek in die gesig wees of aangebring word nie.

14. Civvie dae

  • Geen deurskynende klere nie.
  • Geen spaghetti-bandjie toppies nie.
  • Geen oop of kaal mae nie.
  • Geen kaal rûe nie.
  • Geen kort minirompies/broekies nie.

General behavior / Algemene gedrag

DIE TALE VAN KOMMUNIKASIE BY DIE SKOOL IS SLEGS AFRIKAANS EN ENGELS DIE GEDRAGSKODE DIEN ALREEDS AS ‘N WAARSKUWING, DUS KAN STRAFPUNTE GEHEF WORD SONDER VOORAF WAARSKUWING. TYDENS ENIGE SKOOLTOER OF KAMP GELD DIE GEDRAGSKODE EN STRAFSTELSEL.

Skoolfunksies en ander openbare byeenkomste

  • Daar word van leerders verwag om lojaal te wees en skoolfunksies by te woon.
  • Daar word van leerders verwag om hoflik en vriendelik teenoor besoekers te wees.
  • Leerders mag hulle nooit skuldig maak aan wangedrag binne of buite die skoolterrein nie.
  • Die skoolterrein, busse en openbare plekke moet in ‘n skoon en netjiese toestand gelaat word.
  • Oorringe en ander juwele (kyk kleredrag) is altyd vir seuns verbode.

Algemeen

  • Sigarette, drank, dwelmmiddels, of enige vorm daarvan, en pornografiese materiaal is verbode vir alle leerders en besoekers aan die skool.
  • As sigarette of ‘n sigaretaansteker by ‘n leerder aangetref word, word dit beskou dat hy/sy wel rook.
  • Indien ‘n leerder betrap word met enige van bogenoemde in sy/haar besit of dit gebruik, sal daar swaar strafmaatreëls toegepas word.
  • Om enige van bogenoemde na skoolure in skooldrag te gebruik is ook ‘n oortreding.
  • Vryery of enige fisiese kontak (bv. handevashou, omhels, soen, ens.) tussen leerders op die skoolterrein, of in die openbaar met skooldrag aan, is verbode.
  • Suiwer taalgebruik word van alle leerders verwag. Kru taalgebruik word nie toegelaat nie.
  • Seuns mag glad nie met hulle hande in hul broeksakke staan of loop nie.
  • Hemde moet ingesteek wees.
  • Onderwysers en die Bestuurspan moet te alle tye met respek behandel word.
  • Rassistiese of kwetsende opmerkings teenoor personeel of medeleerders asook aanranding, bakleiery, intimidasie en dreigemente (fisies/verbaal) is ontoelaatbaar.
  • Selfone/elektroniese apparaat/MP3/MP4 of IPOD’s mag glad nie op die skoolgronde sigbaar wees nie, behalwe pouse en na skool. Dit moet te alle tye afgeskakel en weggepak wees. Leerders wat nie hieraan gehoor gee nie, se selfone sal gekonfiskeer word en in die kluis vir 3 weke bewaar word. Herhaaldelike oortreding kan tot die ontneming van die voorreg lei.
  • Geen elektroniese speelgoed word by die skool toegelaat nie.
  • Leerders mag geen sagteware/speletjies op die skoolrekenaars laai nie.
  • Geen troeteldiere word by die skool toegelaat nie.
  • Duimgooi deur leerders in skooldrag is verbode.
  • Slegs voertuie van leerders wat `n lisensie en parkeerskyfie het, mag in die hok geparkeer word en dan word die onderste hek in Bodminweg gebruik. Indien ‘n leerder laat is, moet daar buite die skoolgronde parkeer word.
  • Geen leerder mag met enige fiets of motorfiets op die skoolterrein ry nie.
  • Geen fietse of motorfietse mag in Cradockstraat ry nie.
  • Slegs die boonste hek naby Somersetstraat mag gebruik word.
  • Fietse, asook motorfietse, moet in die fietsloods vasgesluit word en direk na skool verwyder word.
  • Ouers word versoek om leerders nie op die terrein of in die eerste hek af of op te laai nie.
  • Indien ‘n leerder die hoof of een van die adjunkhoofde moet spreek, mag dit alleenlik gedurende pouses geskied.
  • Wanneer ‘n leerder laat by die skool aankom, moet hy/sy dadelik na Kamer 20 gaan om mev. Du Preez te laat weet dat hy/sy by die skool is.
  • Indien ‘n leerder die skool vroeg moet verlaat, moet ‘n skriftelike versoek van een van die ouers, by Kamer 20 ingehandig word.
  • Ons ontmoedig egter dokters en tandartsafsprake tydens skoolure. Die leerder moet deur die ouer self in Kamer 20 afgehaal word.
  • Ouers word gevra om nie tydens skoolure onnodig te pla nie.
  • Indien ‘n leerder iets by die huis vergeet het, kan ouers dit by die Algemene Kantoor ingee, waar die leerder dit tydens pouse mag afhaal.
  • Indien ‘n leerder siek voel, moet hy/sy na kamer 20 gaan. Indien nodig, sal ‘n toestemmingsbrief, geteken deur een van die adjunkhoofde, aan die leerder gegee word om in die siekekamer te gaan lê. Die ouers sal laat weet word om hom/haar te kom haal, indien nodig.
  • Geen leerder mag sy/haar ouers self bel om hom/haar te kom haal nie.
  • Indien ‘n leerder nie aan liggaamlike oefening mag deelneem nie, moet ‘n brief van sy/haar ouers gebring word.
  • KLEURTOEKENNINGS WORD SLEGS VANAF GRAAD 9 GEDRA.
  • EREKLEURE WORD SLEGS VANAF GRAAD 10 GEDRA.
  • Geen leerder mag van een sportsoort na ‘n ander gedurende die seisoen skuif nie, tensy toestemming deur die Adjunkhoof belas met sport sy/haar toestemming gegee het.
  • ‘n Bestuurspan-/VLR-lid, wat ‘n ernstige oortreding begaan, sal voor die dissiplinêre komitee verskyn. Dit kan tot die opskorting van die Bestuurspan-/VLR-amp lei.
  • Indien ‘n leerder in ‘n leiersposisie ‘n ernstige oortreding begaan, kan hy/sy van die leiersposisie geskors word of dit kan tydelik opgeskort word.

Requirements to be elected as member of management team

Vereistes om verkies te word as lid van Bestuurspan

  • Die skool se Bestuurspan word vroeg in die derde kwartaal verkies.
  • Dit is en bly vir ons leerders ‘n groot eer en voorreg om deel van die span te wees.
  • Ouers en leerders moet kennis neem van die vereistes wat gestel word om verkies te word:
  • ‘n Leerder moet ‘n lojaliteitsbalkie verdien het.
  • ‘n Leerder mag nie meer as 50 strafpunte teen sy/haar naam hê nie.
  • Moet betrokke wees by skoolaktiwiteite vandat hy/sy ‘n leerder in skool is en moet ten minste aan een buitemuurse aktiwiteit deelneem.
  • Alhoewel ons besef dat leerders nog op pad is na volwassenheid en nie altyd verantwoordelik optree nie, is daar sekere oortredings wat in die graad 11 of 12 jaar begaan kan word, wat tot ‘n diskwalifikasie, sal lei:
    1. Skuldig aan diefstal.
    2. Skuldig aan rook op gronde of in skooldrag.
    3. Gebruik van alkoholiese drank op skoolterrein.
    4. Gebruik van dwelms.
    5. Skuldig aan oneerlikheid tydens ‘n toets of eksamen.
    6. Afwesigheid sonder toestemming (stokkiesdraai).
    7. Enige leerder wat skuldig bevind word aan ‘n Skedule 1 of Skedule 2 oortreding soos uiteengesit in die SA Skolewet.
  • ‘n Ondersoek sal in elk van bogenoemde gedoen word waartydens die feite deeglik in ag geneem sal word.
  • Die hoof kan sy/haar diskresie gebruik indien nodig.

Afwesigheid

  • Indien ‘n leerder afwesig was, moet hy/sy onmiddellik nadat hy/sy terugkeer skool toe, ‘n brief, wat persoonlik deur een van die ouers geskryf en geteken is, by die voogonderwyser inhandig.
  • Indien ‘n leerder tydens ‘n toets / eksamen / portefeulje / GTA afwesig is, moet ‘n mediese sertifikaat die dag wanneer hy/sy terugkom, ingehandig word.
  • Indien nie, sal `n nul toegeken word.
  • Indien ‘n leerder afwesig is, is dit sy/haar eie verantwoordelikheid om die werk in te haal.
  • Indien ‘n leerder afwesig is, mag hy/sy nie daardie middag aan sport deelneem nie.
  • Indien ‘n leerder laat by die skool opdaag, moet hy sy dagboek wys om by die hek toegelaat te word.

In die klaskamer

  • Nadat die onderwyser die leerders in die klaskamer toegelaat het, moet die leerders vinnig hul boeke uithaal.
  • Elke leerder moet by sy/haar bank staan en wag totdat die onderwyser hulle gegroet het en beveel het om te gaan sit.
  • Wanneer ‘n volwassene ‘n klas binnestap, moet alle leerders opstaan, die besoeker groet en eers op sy/haar bevel mag hulle weer gaan sit.
  • Absolute stilte moet in die klaskamer heers terwyl ‘n besoeker teenwoordig is.
  • As die besoeker uitstap, hoef die leerders nie weer op te staan nie.
  • In buitengewone omstandighede kan dit gebeur dat ‘n onderwyser vir ‘n rukkie die klas moet verlaat. Die VLR-lid, wat dan vir dissipline verantwoordelik is, moet toesien dat die klas voortgaan asof die onderwyser daar is.
  • Leerders wat hulle nie kan gedra nie, moet gerapporteer word.
  • Swak gedrag en kru taalgebruik word nie toegelaat nie.
  • Behalwe in uitsonderlike gevalle, mag die klaskamers nie verlaat word gedurende periodes nie. Indien dit wel gebeur, moet die leerder sy/haar dagboek, waarin die onderwyser sy/haar toestemming aangeteken het, by hom/haar dra.
  • Elke leerder is verantwoordelik vir die bank waarby hy/sy sit en moet sorg dat die bank te alle tye netjies en skoon is.
  • Banke mag nie bekrap word nie.
  • Tasse mag nie met prente of enige graffiti versier word nie.
  • Daar mag nie in die klasse geëet word nie.
  • In elke klas is daar ‘n vullismandjie waarin papiere en rommel gegooi moet word.
  • Wanneer die klok vir die einde van ‘n periode lui, sal die onderwyser die leerders beveel om te staan, hulle vra om seker te maak dat hulle stoele, tafels en die vloer skoon is, die stoele en tafels in posisie skuif en hulle groet. Dan moet die leerders netjies en ordelik die klas verlaat.
  • Aan die einde van die skooldag sal daar met gebed afgesluit word.
  • Personeel is Maandagmiddae tot 15:00 vir hulp beskikbaar.

Tydens klaswisseling

  • Leerders moet aan die linkerkant van die stoepe en gange stap tot by hul volgende lokale.
  • Niemand mag op die stoepe en in gange hardloop nie.
  • Indien die onderwyser nie binne 5 minute by die klas opdaag nie, moet die VLR-lid die onderwyser gaan soek, en as die onderwyser nie gekry word nie, dadelik by die adjunkhoof aanmeld.
  • Leerders mag nie tydens periodes geld inbetaal, buskaartjies koop of by die masjiene eetgoed koop nie.
  • Leerders moet binne 6 minute by die volgende klas wees.

In die kleedkamers

  • Kleedkamers moet te alle tye netjies gehou word.

Op die terrein

  • Geen leerders word tydens pouse op die eerste vloer toegelaat nie.
  • Leerders mag nie tydens pouse tussen of agter die boonste, tydelike klaskamers wees nie.
  • Niemand word in die voorportaal van die skool toegelaat nie.
  • Dit is nie ‘n deurgang vir leerders nie.
  • Alle vullis, rommel en lekkergoedpapiere moet in die vullishouers en asblikke gegooi word.
  • Geen leerders mag die skoolterrein gedurende skoolure verlaat sonder ‘n brief van Kamer 20 nie.
  • Geen kougom word ooit op die skoolterrein toegelaat nie, selfs nie met na-uurse bedrywighede of as skoolklere gedra word nie.
  • Alle sporttoerusting moet te alle tye in ‘n sak of sluitkassie wees.
  • Alle leerders wat die skool tydens die eksamen besoek, moet skooldrag aanhê.
  • Geen civvies word toegelaat nie.
  • Die volgende areas is verbode tydens pouse:
    1. Verby die atletiekbaan.
    2. Netbal-/Tennisbane.
    3. Langs die heining agter die A-hokkieveld.
    4. Langs die heining voor die skool.
    5. Agter of tussen die tydelike klasse.
  • Volgehoue oortreding van die gedragskode kan tot ontneming van voorregte of skorsing lei.
  • TYDENS ENIGE SKOOLTOER OF KAMP GELD DIE GEDRAGSKODE EN STRAFSTELSEL.